Vul in u eerste naam:

U is hier {{ personName }}

… 'n boodskap vir u!

U sal die aantwoorde vir die mees belangrike vrae, oor die doel van die lewe, op hierdie bladsy kry. Byvoorbeeld, "Wat is my doel hier op aarde?" "Hoekom voel dit asof ek nie die vrede het wat ander beleef nie?" of, "Is alles tot niet?" Hierdie bladsy sal al u vrae beaantwoord en veel meer. Dalk besef u dit nie, maar u is afgesonder van u Skepper God. U is feitlik afgesonder deur u eie natuur. Ons boodskap vir u is een van hoop want God het u lief en Sy begeerte is dat u met Hom versoen sal wees. Hy bied aan die terugweg na Hom toe. Die oplossing wat God aanbied sal sorg dat u afsondering nie vir ewig is nie.

{{ personName }}, Wil u kennis dra van hierdie oplossing en dit ervaar?

Wil u:

  • - Wil u ontdek wat die doel van u lewe is?
  • - Om die vreugde en verligting te beleef wat saam kom met vergifnis van enige sondes van die verlede?
  • - Om met sekerheid te weet dat u belewenis op aarde nie beperk is nie, en dat u die versekering van ewige lewe in die Hemel kan he?

Sleutel punt: Geloof is die sleutel vir die deur om dit alles te beleef.

God se liefde vir die wereld, mense soos ek en jy {{ personName }}, wat God noop om 'n oplossing vir ons te bewerkstellig, so dat ons SY liefde en vreugde kan beleef nadat ons met HOM versoen is. God wil he dat u met vreugde en blydskap kan lewe, met Hom en u medemense. Veral as ons moeilike tye deurgaan.

Want GOD het u {{ personName }} so lief dat HY sy enkele en enigste Seun gegee, sodat {{ personName }} wat in Hom glo nie sal sterf nie maar eerder vir ewig sal lewe.

Aanhaling van die Bybel: Johannes 3:16

Onthul God se plan: Vreugde en Lewe

God se bedoeling vir u is dat u lewe oorvloedryke sal wees hier op aarde. Hoekom is dit dat die meeste van mense nie hierdie oorvloedryke lewe ervaar nie? Johannes 10:10

stap1

Probleem: Daar is 'n hindernis tussen God en {{ personName }}

Sonde het u van God geskei. Die arm van die Here is sekerlik nie te kort om te red nie, en Sy oor is nie te eentonig om te hoor nie. Maar u boosheid het u geskei van God; u sondes het gesorg dat Sy gesig van u weggesteek is en dit veroorsaak dat Hy nie hoor nie Isaiah 59:1-2 Dit het veroorsaak dat u {{ personName }} verdeeld is van God. {{ personName }} U is gebore met sonde en u het ook gekies om sonde te pleeg. Dit is die rede hoekom daar nou skeiding is tussen u en God.

{{ personName }}

God

stap2

Ons is geskep in die beeld van God sodat ons broederskap met ons God kan geniet, ons vir Hom glorie kan bring en ons kan 'n vriend van God wees. God het hierdie asemrowende wereld geskep vir ons om te geniet en sodat ons Sy wonderwerke kan aanskou. Hy het vir ons die geleentheid gegee vir 'n wonderlike en bevredigende lewe.

{{ personName }} God het nie outomate gemaak nie, maar Hy het wel lewende mense in Sy beeld geskep. Mense met vrye wil wat kon kies om God lief te he, om gehoorsaam aan Hom te wees, om Hom te geniet met alles wat Hy vir ons aanbied. Met hierdie vrye wil was daar ook die moontlikheid dat ons sou kies om ongehoorsaam te wees en nie vir God lief te he nie. Per slot van rekening, om ware vriendskap en liefde te koester, uit die aard van die saak moet daar keuse wees. Die basiese beginsels van vriendskap en liefde is 'n keuse en kan nie afgedwing word nie.

Die eerste man, wat geskep is deur God, het nogtans sy eie baan gekies en sodoende sonde gepleeg. Sonde beteken ons is op die verkeerde pad, want God het baie meer vir ons beplan. Adam en Eva (eerste man en vrou) het nie alleen die gevolge van sonde gedra nie, want hierdie natuurlike sonde is deel van menslikheid.

Die Bybel se:

"As gevolg van die feit dat sonde die wereld betree het deur een man, het sonde die afsterwe van die mens beteken. Met ander woorde, niemand kan die dood omseil nie, want almal het sonde gepleeg.Romeine 5:12

Toe ons hierdie doelwit misgeloop het, het dit veroorsaak dat ons van GOD geskei is en ons verwantskap is vernietig. Die resultaat is 'n skeiding wat nie oorbrug kan word nie. Alhoewel ons mag probeer deur:

  • Godsdiens en plegtigheid dienste
  • Hoe morele standaarde
  • Meditasie
  • Medemenslikheid
  • Filantropie
stap3

En baie ander maniere, maar dit is glad nie moontlik om hierdie leemte te oorbrug nie omrede GOD is heilig, en ons is nie. Maak nie saak wat ons doen nie, ons kan nie ons eie sondes wegneem nie, en sodoende ons doelwit bereik.

Die Bybel se: "Ons is almal sondaars. Nie een van ons leef tot GOD se eer nie". Romeine 3:23

"Ek se weer: as'n mens jou hele lewe lank vir sonde werk, is die dood jou beloning". Romeine 6:23

Daar is net een enkele oplossing vir ons!

God se oplossing: Jesus Christus

{{ personName }}

God

stap4

Jesus Christus

God het geweet dat Hy die oplossing sal moet verskaf, sodat Hy ons kan bevry van die sondes wat vir mensdom van Hom af skei. Hierdie oplossing het veroorsaak dat GOD sou na ons toe kom as 'n gewone mens, deur die Seun van God, Jesus Christus. Jesus sou doen wat vir mensdom onmoontlik is. Hy het die perfekte lewe gelei, sonder enige enige sonde in die oe van God. Jesus het vrywillig Sy lewe vir ons opgeoffer en sodoende al die straf, wat na ons toegekom het weens sonde, op Homself geneem om ons te red.

U moet die dieselfde geestelike ingesteldheid as Jesus Christus he, wanneer dit kom by verwantskappe met mekaar:

Julle moet Christus Jesus se voorbeeld volg. Soos Hy oor dinge gedink en gevoel het, so moet julle ook daaroor dink en voel, Laat ek verduidelik wat ek bedoel. Jesus staan in status op gelyke voet met God. Hy was egter nie so vol van Homself dat Hy tot elke prys aan die status wou vasklou nie. Toe die tyd ryp was, het Hy die status en eer wat Hy gehad het eenkant toe geskyf. Ht het mens tussen mense geword. Asof dit nie genoeg was nie, het Hy somer 'n gewone mens geword wat op die oog af nie uitsonderlik gelyk het nie, ja, iemand van wie baie ander mense niks gedink het nie. Filippense 2:5-7

Jesus het die leemte tussen GOD en ons oorbrug, omrede Hy Sy lewe vir ons neergele het.

Die Bybel se:

GOD het Sy eie liefde vir ons getoon: toe ons nog sondaars was, het Christus vir ons gesterf. Romeine 5:8

Die feit is dat Jesus so geantwoord het: "Ek is die Wyse en die Waarheid en die Lewe; niemand kan by die Vader uitkom behalwe deur My" Johannes 14:6

Uiteindelik, het God Self die oplossing aangebied. God het mens geword en het deur daardie persoon, Jesus Christus, die gaping tussen God en ons oorbrug. Dit is die rede hoekom Hy aarde toe gekom het; Hy het 'n wreedaardig gesterf op die kruis en sodoende is Hy gestraf vir ons sondes. Met hierdie opoffering, het Jesus die gaping tussen God en ons oorbrug.

Die Bybel se:

Maar GOD het gewys hoe lief Hy vir ons is: toe ons nog sondaars was, het Sy enigste Seun, Jesus Christus, in ons plek gesterwe. Romeine 5:8

En voor dit:

Jesus het geantwoord: "Ek is die Wyse en die Waarheid en die Lewe, niemand kom by die Vader uit behalwe deur My". Johannes 14:6

{{ personName }}

God

  • Ongelukkigheid
  • Skeiding
  • Skuldig
  • Twyfelagtig
  • Sonder rigting
  • Onrus en verwarring
  • Vreugde
  • Kameraadskap en verwantskappe
  • Vergifnis
  • Ewige lewe
  • Oorvloedige lewe
  • Gemoedsrus
stap5

Jesus Christus

{{ personName }} Jy het seker nou agtergekom, almal in hierdie wereld is gebore met sonde en is geskei van GOD. {{ personName }} Uself en almal is skuldig bevind en veroordeel vir ewigheid. God wil dit nie vir jou of jou medemens he nie. Hy is geduldig, Hy wil nie he dat enige iemand moet omkom nie maar Sy wens is dat almal moet berou he, sodat almal die ewige lewe kan ervaar. As jy niks doen nie, dan bly jy geskei van GOD. GOD reik uit na u toe sodat u die lewe kan kies. Hy gee u die kans om 'n ware kind van God te wees, en Hy sal u Vader wees. Jy kan nie met God versoen word nie deur godsdienste plegtigheide (bv. gedoop of aangeneem in die kerk) na te kom, of om die wet te volg of om goeie dade te doen. Deur Jesus te kies dan kies jy GOD en dit word bereik deur geloof en God se genade. Dit is die mees belangrikste besluit dat u ooit sal maak. U word 'n kind van die Here as u in God en Sy boodskap glo.

Die Bybel se:

As jy vir Jesus aanvaar in jou lewe, en jy glo in Sy Naam, dan gee Hy vir jou die reg om kinders van God te word. Johannes 1:12

Die Bybel se ons moet glo in Sy boodskap en ons moet die waarheid erken dat Jesus die Seun van God is. Ons moet ook verstaan wat Jesus bereik het deur Sy lewe, Sy dood en Sy opstanding.

Die Bybel se:

Al wat jy moet doen, is om met jou woorde te erken Jesus is die Here en met alles in jou te glo God het Hom uit die dood laat opstaan. As jy dit glo, spreek GOD jou vry van al jou sondes. En as jy dit met jou mond bely, word jy verlos. Romeine 10:9-10

As jy dit doen, dan kry jy vergifnis van jou sondes. Jy is nou geregverdig deur geloof en jy sal vrede met GOD ervaar deur die Heer Jesus Christus. Dit is om geloof te he en in Jesus te vertrou. {{ personName }} U moet dit persoonlik uitvoer, om Jesus se boodskap en waarheid te aanvaar. Jesus word dan die Here in jou lewe.

{{ personName }} - wat is jou keuse?

stap6

Die Bybel se:

Vir almal wat Hom (Jesus) aanvaar en vir almal wat in Sy naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van die Here te word. Johannes 1:12

{{ personName }} - Sal jy:

1. Aanvaar dat jy 'n sondaar is en dat jy geskei is van GOD?

2. Glo dat jy in Jesus Christus moet glo en vertrou om by Die Here uit te kom?

3. Jesus vra om jou sondes te vergewe omrede Hy jou straf op Homself geneem het?

4. Glo jy dat Jesus die Here is en dat Hy opgestaan het van die dood?

{{ personName }} - As jy JA geantwoord vir al die vrae, dan moet jy 'n gebed opoffer vir GOD, want Hy weet wat in jou hart is.

Deur die bloed en opoffering van Jesus, kan jy nou vir GOD bedank want all jou sondes is weggewas.

5. Jy moet nou vir GOD se dat jy Hom wil volg vir die res van jou lewe want die Bybel se jy is nou "Nuut geskape". 2 Korintiers 5:16-17

Wanneer jy bid, kan jy die volgende gebed aan GOD opoffer:

Liewe Here ek is bewus daarvan dat ek 'n sondaar is en ek vra U vergifnis. Ek het nou besef dat Jesus Christus vir my ook gesterf het, en dat Hy opgestaan het van die dood. Ek is bereid om my vorige lewe agter te laat. Ek bid nou dat Jesus Christus in my hart sal vestig en deel wees van my lewe: sodat ek God die Vader kan ontmoet en vir Hom beter kan leer ken. Met U hulp, ek is bereid om U te volg en om hoorsaam te wees in my lewe. Amen